Jopie's
Stay
Eat
Traditional Meals
Extras
Something Sweet
Art
Explore
Show all activities
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
1
2
3
4
5
6
7
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
ANTHOLOGIES
|
ART
|
CHILDREN
|
CHRISTIAN
|
COMICS
|
FICTION
|
FOOD
|
GIANT PICTURE BOOKS
|
HISTORY
|
MEMOIR & AUTOBIOPRAHY
|
NATURE
|
NON-FICTION
|
POETRY
|
TEENAGE & YOUNG ADULT
|
TRAVEL
Children Books
Sale
Wie skrik vir Wortel Wolf?
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Wortel Wolf is eensaam. Sy huis is die enigste in Stofstraat... tot drie nuwe intrekkers hulle opwagting maak. Aha, bure kuier mos oor en weer en sy knoffel is juis op. Hy sal moet gaan kennis maak!
In hierdie drie bekende stories het Wortel Wolf 'n paar verassings in sy mou.
Sale
Frikkadel die Spookhond
R
160.00
R
160.00
160.0
ZAR
Is dit 'n hond?
'n Deursigtige Jack Russell?
Soos 'n... spookhond?
Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al 'n spookhond gesien?
Dis mos ongelooflik!
Maar dit is net die begin van die storie...
Frikkadel moet 'n nuwe huis kry. Daar is net een probleem: Hoe kry mens 'n vir-altyd-huis vir 'n spookhond?
Sale
Die Avonture van Iwan
R
250.00
R
250.00
250.0
ZAR
Iwan hou van niksdoen, naas eet en slaap is dit sy gunstelingtydverdryf. Hy is só lui dat die mense hom spottend Lui Iwan noem, tot sy flukse broers se groot skaamte. Op 'n dag kruis 'n geheimsinnige blinde man sy pad en voorspel dat Iwan die volgende tsaar van Rusland sal word... mits hy vir die volgende sewe jaar heeltemal níks doen nie, níks sê nie en slegs sonneblompitte eet. Die silwermuntstuk om Iwan se nek sal dan vir hom die pad wys na die kroon wat vir hom bestem is.
Iwan pak die uitdaging vasbeslote aan - en só begin 'n ongelooflike avontuur. Die pad na die tsaar se kroon is vol struikelblokke en gevare, maar sommer gou is dit duidelik Lui Iwan word Sterk Iwan: 'n onverskrokke held wat met sy geweldige krag selfs vir Baba Jaga kan ore aansit!
Sale
Nimmermeer
R
250.00
R
250.00
250.0
ZAR
Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf.
Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur 'n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. 'n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar - mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van 'n uitsonderlike talent. 'n Talent wat sy nie het nie...
Sale
Dans, Jenna
R
120.00
R
120.00
120.0
ZAR
Jenna is versot op dans.
Al probleem is dat haar ma nie regtig geld het om vir haar balletklasse te betaal nie. En om vir nuwe dansskoene te wens is so goed soos dagdromery - al is hare flenters.
Maar toe die Kaapse Balletgeselskap 'n kompetisie loods wat talentvolle jong dansers die kans gee om 'n winterskool in die Kaap én 'n vertoning van 'n Russiese balletgeselskap by te woon, begin Jenna se hoop opvlam. Dalk is daar tog 'n manier om haar dansdrome waar te maak!
Maar iemand in haar balletklas is vasbeslote om haar planne in die wiele te ry...
Sale
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo Omnibus
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met 'n 5-in-1 omnibus en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is.
Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook 'n splinternuwe storie.
Sale
'n Goeie dag vir boomklim
R
210.00
R
210.00
210.0
ZAR
Partykeer doen 'n mens in 'n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om saam met 'n vreemde meisiekind in 'n boom te klim.
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef.
Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds 'n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne.
En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.
Maar toe Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet 'n petisie teken, is dit die begin van 'n onverwagse avontuur.
En uiteindelik kry Marnus 'n kans om raakgesien te word...
Sale
My 3de Bybel Doen en Leer Boek
R
53.00
R
53.00
53.0
ZAR
"My 3de Bybel Doen en Leer Boek" is die volgende vlak in ons Bybelgebaseerde geletterdheidsreeks.
Spesiale kenmerke:
• 6 Bybelverhale mer kleurvolle illustrasies (112 bladsye)
• Verskeie lyn-illustrasies - ideaal vir inkleur
• Wiskunde- en taal-aktiwiteit na elke storie
• Disleksie-vriendelik
Sale
My Eerste Afrika-avontuur
R
220.00
R
220.00
220.0
ZAR
Dié boek is 'n kind se eerste kennismaking met die magiese kontinent van Afrika.
Ouers en kinders word genooi om by een van die wêreld se grootste hedendaagse avonturiers, Riaan Manser, aan te sluit in sy verkenning van Afrika op 'n fiets!
In September 2003 ry Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad in 'n poging om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer. Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 bereik hy weer Kaapstad, 14 kg ligter ná sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande. In sy oorspronklike boek "Around Africa on my bicycle" laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kon staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoosgte, sowel as die laagste punte in Afrika. Riaan het op 25 November 2005 veilig in Kaapstad aangekom.
Nou, vir die eerste keer, kan kinders hierdie wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettige, geïllustreerde weergawe van die oorspronklike een herleef. Gevul met prettige feite en inligting sal "My Eerste Afrika-avontuur" jonk en oud vermaak vir nog baie jare.
Sale
Diary of a Wimpy Kid 18: No Brainer (audiobook)
R
185.00
R
185.00
185.0
ZAR
Up until now, middle school hasn't exactly been a joyride for Greg Heffley. So when the town threatens to close the crumbling building, he's not too broken up about it.
But when Greg realizes this means he's going to be sent to a different school to his best friend, Rowley Jefferson, he changes his tune. Can Greg and his classmates save their school before it's shuttered for good? Or is this the start of a whole new chapter for Greg?
Sale
My Gunsteling Storie-Bybel aktiwiteits- & inkleurboek
R
60.00
R
60.00
60.0
ZAR
Sale
50 Beste Bybelbrein-Blokkies
R
120.00
R
120.00
120.0
ZAR
50 blokkiesraaisels, woordsoeke en ander Bybelwoordspeletjies. Hierdie aktiwiteite sal vir ure se pret sorg.
Help kinders om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.
Sale
Dinosaurs of Africa
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Did you know that the world's earliest dinosaur was discovered in Africa? Or that Africa was home to the only water-dwelling dinosaur ever known?
Many incredible dinosaurs have been uncovered in different parts of the world, including Africa. "Dinosaurs of Africa" unearths intricate details about the discoveries here, revealing startling facts about these majestic creatures that roamed our planet for about 170 million years.
Acclaimed dinosaur expert Anusuya Chinsamy-Turan uses her scientific skills to showcase a selection of Africa's most exceptional prehistoric creatures. The magnificent illustrations by renowned paleoartist Luis V. Rey bring Africa's dinosaurs and their kin vividly to life, making them stride across the landscape and into your imagination.
This new edition of the much-loved "Famous Dinosaurs of Africa" - enhanced with the latest scientific information, newly discovered species, updated terminology and vibrant, fresh illustrations - revitalizes our idea of what these magnificent animals may have been like.
Sale
Kinders se Voëls van Suider-Afrika
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Ontmoet die fantastiese verskeidenheid voëls wat in Suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweelmooi suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag - hoe hulle kos soek, 'n maat kies, 'n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy.
Sale
Kids' Birds of Southern Africa
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Meet the wonderful variety of birds found in southern Africa: long-legged, speedy falcons, jewel-like sunbirds, plucky hornbills and many more. Learn to identify different birds, and discover their intriguing behaviours - how they find food, choose a mate, build a nest, raise their young and avoid predators.
Sale
Raak handig met Klippe en Minerale
R
165.00
R
165.00
165.0
ZAR
Ons planeet is vol interessante klippe en minerale wat wag om ontdek te word!
Het jy geweet dat rots deurskynend of blink kan wees, en selfs kan gloei? Of dat rotse ongewone eienskappe kan hê, soos om water te absorbeer of snaaks kan ruik?
Met hierdie boek kan jy ook allerhande eksperimente doen! Begin jou eie klipversameling, toets of rots magneties is, leer hoe om jou klippe te poleer, en vele meer!
Hierdie boek sal jou 'n briljante insig gee tot die wetenskap van geologie.
Sale
Die Twakke
R
205.00
R
205.00
205.0
ZAR
Mnr. Twak is 'n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard.
Mev. Twak is 'n aaklige ou heks met 'n glasoog.
Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in 'n hok in die tuin en nou wil die apies wraak neem...
Sale
Raak handig met Fossiele!
R
155.00
R
155.00
155.0
ZAR
Fossiele is die oorblyfsels van plante of diere wat lank gelede geleef het. Dit is nou jou kans om meer daarvan te leer!
Het jy geweet dat mense wat fossiele bestudeer paleontoloë genoem word? Of dat daar verskillende soorte fossiele bestaan?
Met hierdie boek kan jy ook allerhande eksperimente doen. Maak jou eie spoorfossiel, hou 'n fossielsoekdagboek, maak jou eie fossieluitstalling, en vele meer!
Hierdie boek sal jou 'n briljante insig gee tot die wetenskap van fossiele.
Prev
1
2
3
4
5
6
7
Next