Lesotho GPS Road Map
140.00 140.00 140.0 ZAR
Wilde Wikus
160.00 160.00 160.0 ZAR
Het daar 'n ZOMBIE-VIRUS uitgebreek?
Is RUIMTEWESENS besig om die aarde aan te val?
Het iemand 'n hele weermag NINJA-ROBOTTE losgelaat?

Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie?
Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is.

Wikus besluit om 'n plan te maak...
Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn
170.00 170.00 170.0 ZAR
Twee aksiebelaaide sportstories wat jou lekker sal laat naels kou!

In "Gevaarlike Lopies" ontaard 'n heerlike kriekettoer onverwags in 'n nagmerrie toe die spelers se paaie met dié van gevaarlike skurke kruis.

En in "Duskant die Doodlyn" gebeur vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter, en dit lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie...
Die Bullebakke episode 4
130.00 130.00 130.0 ZAR
Dis 'n Zombiekatjie-katastrofe!

Moet jy paniekerig raak? Moet jy huil? Moet jy jou broek natmaak? Nee!
Ontspan en kyk hoe waai die hare wanneer die Bak Bulle Klub teen mal Dr. Marmelade se miaaumonsters baklei!

Hier kom die Bullebakke Episode 4!
Die Bullebakke episode 5
130.00 130.00 130.0 ZAR
Die slegte nuus?
Die wêreld eindig.

Die goeie nuus?
Die Bullebakke kom tot die redding!

Nou goed, om die wêreld te red, sal hulle moontlik 'n ruimtetuig moet "leen". En dalk is daar ietsie gagga in een van die ruimtepakke. En mnr. Piranha het miskiiiieeen te veel boontjieburrito's geëet. Om hierdie sending te oorleef mag dalk 'n klein treetjie vir die mens wees, maar dis 'n reusesprong vir die Bullebakke.
Die Bullebakke episode 3
130.00 130.00 130.0 ZAR
Vandag is 'n BAIE slegte dag vir die Bullebakke!

Mnr. Wolf en sy bende wat so hard probeer om goeie ouens te wees, het 'n rukkie gelede met die verkeerde marmotjie gelol.
En hierdie nare klein donsklos wil nou wraak neem.
Sal die Bak Bulle Klub dit oorleef? Sal hulle helde wees? Miskien sal hulle ophou om mekaar te probeer opeet...

Maak gereed vir nog 'n lekkerlag, lawwe Bullebak-avontuur in Episode 3!
Bertie Blikbrein
150.00 150.00 150.0 ZAR
Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp...
Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip!
Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
Toe Nico en sy beste vriend baklei, besluit Nico om Bertie saam skool toe te vat...
Blou Maandag
160.00 160.00 160.0 ZAR
Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie.

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer... Vandag gaan 'n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof 'n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk op geëet. Daar is aspersies in haar kosblik.
En dit is haar skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!
Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog?

Hoe erg kan een Maandag wees?
Suzie se Superdoeper-sjampoe
150.00 150.00 150.0 ZAR
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al 'n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy 'n haarkapper word.
Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies...
Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is so kaal soos 'n eier. Partykeer weerkaats die son daarop. Daarom besluit Suzie om 'n plan te maak...
Wiskunde gee my maagpyn
160.00 160.00 160.0 ZAR
Mia haat wiskunde.

Sy hou nie van optelsomme nie en
sy hou nie van aftreksomme nie.

Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en
sy verstaan nie deelsomme nie.

Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, sê nie eers "Môre, klas" soos ander onderwysers nie.
Hy sê net: "Vandag maak ek MAALVLEIS van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!"
Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees...
En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!
My Ouma is 'n Filmster
160.00 160.00 160.0 ZAR
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.

Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n flimstel kan soms 'n gevaarlike plek wees...

Sal Rikus uit die kloue van 'n gevaarlike skurk kan ontsnap - en Ouma se loopbaan red?
My Ouma is 'n Rock-ster
160.00 160.00 160.0 ZAR
"Mense dink dis wonderlik as jou ouma 'n rock-ster is. Hulle maak 'n groot fout."

Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en rits in 'n bloedrooi sportmotor rond!
Maar om die kleinseun te wees van die beroemdste ouma in die land, kan partykeer gevaarlik wees...
Die Rietrotte en die Rowers
150.00 150.00 150.0 ZAR
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Die graad 8's moet egter steeds mooi loop om uit Peet Pretorius se kloue te bly. Dat Daniël, Malebo en Antonie boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man 'n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Maar dié dag ontaard in iets wat Daniël hom nie in sy wildste verbeelding sou kon voorstel nie...

Hoërskool is nie vir sissies nie!
Die Rietrotte van Rietvallei Hoër
150.00 150.00 150.0 ZAR
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die itnrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een.
Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in 'n skelm - wat vir Peet soos 'n lammetjie laat lyk - begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer?

Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!
Die Rietrotte en die Raaisel
150.00 150.00 150.0 ZAR
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is dat sy Pieter laat verdwyn het?
En dan is die mans met die swart pakke ook nog op hulle spoor... Waarna soek hulle so dringend?

Hoërskool is nie vir sissies nie!
Die Land verby Donker
90.00 90.00 90.0 ZAR
IN DIE LAND VERBY DONKER
lig iets leliks sy kop,
kruip 'n ding met lang tande
soos 'n slak uit sy dop.

So, kom leer nou saam
van A tot Z
aan MY GRILLERIGE ALFABET!

Kom kuier saam met François Bloemhof en Dale Blankenaar in die land verby donker. 'n Plek waar weerwolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, waar die nare Rikus Riller om elke hoek en draai wag en 'n monster genaamd Eenoog jou met sy tong wil vang...
Superheroes vlieg net saans
160.00 160.00 160.0 ZAR
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is?

Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie 'n projek vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.

Maar dan val daar 'n superhero in Miek-hulle se agterplaas - bo-op die hondehok! Gaan hy Miek help om sy probleme op te los, of gaan hy hom net dieper in die sop laat beland?
Pieksel
145.00 145.00 145.0 ZAR
Vossie de Vos is vreeslik alleen. Hy het geen vriende nie. Sy pa en ma werk altyd laat. En sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, is altyd knorrig. Sy pa-hulle wil nie eens vir hom 'n troeteldier kry nie! Katte piepie orals en sy pa is super-allergies vir honde.

Maar dan. op 'n dag, besluit Vossie om 'n plan te maak.
Nooit weer sal hy alleen wees nie.
Al wat hy moet doen, is om vir homself 'n vriend te bou...
Dolfie Weerwolfie
165.00 165.00 165.0 ZAR
Toe Dolfie wakker word, is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis 'n spesiale nag.
Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar 'n stert! Hy is... 'n weerwolf!
Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie: "Ek wil nie 'n weerwolf wees nie!"
"Dalk gaan dit vanself weg," stel Timmie voor.
"Ja, jy kan maklik praat," grom Dolfie. "En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan?"
Dolfie Weerwolfie: Volmaan
160.00 160.00 160.0 ZAR
Dolfie is saam met sy klasmaats op 'n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai...
Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel 'n storie.
Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie!
Maar Nadine kom agter iets is fout en besluit om Dolfie te agtervolg...