Gom vir jou Stukkende Wêreld
200.00 200.00 200.0 ZAR
Ons lewe in 'n stukkende wêreld.
Ons almal beleef dinge wat ons wêreld in skerwe kan laat breek.

In hierdie boek leer die gewilde jeugboekskrywer Jan Vermeulen jou van vyf waarhede wat jou wêreld soos GOM weer heel kan maak! Hierdie waarhede help jou om die kernboodskap van die Bybel te verstaan sodat jy self Bybelse antwoorde op al jou vrae kan kry.

Met selfstudievrae en baie plek vir notas, is hierdie boek ideaal vir selfstudie of om in 'n groep te gebruik.
Briewe van Mieliepit
120.00 120.00 120.0 ZAR
Mieliepit is 'n vreeslike bekkige hoender. Sy woon in die Fouries se huis.
As sy nie oefeninge doen vir haar vet hoenderboutjies nie, skryf sy briewe - vir jou!

Sy vertel jou van haar skool-onnie, meneer Hanepoot. Die sappige filmster Brad Pik. Haar aaklige tannie Petunia. En van Jaco en Janet - die twee kinders wat haar grys vere gee met al hulle streke. Maar die slimme hen gaan jou ook 'n hele paar goed LEER, soos...

Die vier woorde wat alles regmaak
Wat goeie maniere vir jou kan doen
Hoekom jy nie moet bang wees vir skool nie
Hoekom mens nie oor alles moet kla nie
Hoekom jy nie mag vat wat nie joune is nie, en meer

"Briewe van Mieliepit" sal jou laat skaterlag. En dit sal jou PITKOS gee, saam met 'n teksvers uit DIE BYBEL. Laastens, is daar ook 'n kort gebed wat jy kan BID na elke brief.
Word 'n Influencer
240.00 240.00 240.0 ZAR
My Groot Lofkleuter-Bybel 2
290.00 290.00 290.0 ZAR
Uit die pen van geliefde sanger Jan de Wet kom nog 50 Bybelverhale. Hierdie stories is spesifiek geskryf met die kleingoed in gedagte, en met lewenswaardes en gebede wat maklik is om te verstaan.

Die kleurvolle illustrasies en gratis liedjies saam met elke storie, maak elke verhaal 'n spesiale leeservaring!
Makgadikgadi Pans
280.00 280.00 280.0 ZAR
Lying between the perennial waterways if the Okavango Delta to the northwest and the arid Kalahari to the south are the legendary Makgadikgadi Pans, one of the largest salt complexes in the world. Some 12,000 square kilometres in extent, these salt flats - comprising two large pans, Sowa and Ntwetwe, and a myriad smaller ones - are Botswana's best-kept secret and one of its fastest-growing tourist destinations.

In this first, fully illustrated guidebook on the pans, Grahame McLeod explores this fascinating region, revealing its varied landscapes, geology, wildlife, vegetation and climate. Along the way he uncovers its diverse attractions: Nata Bird Sanctuary, Lekhubu Island, the Boteti River, Mosu Escarpment, Makgadikgadi and Nwai Pans National Park, and the small towns and villages along the pans' fringes.

An inspiring read and packed with more than 200 photographs, this guide also includes:
• detailed full-colour maps
• advice on where to stay
• activities and events throughout the year
• travel details, including contact information

Informative, practical and user-friendly, this is an invaluable on-the-spot guide to the alluring salt sea of the Makgadikgadi Pans.
Lukas bou 'n Superkar Leesgids
80.00 80.00 80.0 ZAR
My Hart is Oppi Plaas
130.00 130.00 130.0 ZAR
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi 'n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek.
Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome en gesegdes, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde "Rooimiere-in-die-broek Idioom-Inkleurboek"!
Marinda se Koskas
280.00 280.00 280.0 ZAR
Marinda se Kinderkombuis
300.00 300.00 300.0 ZAR
Hierdie kookboek is vir kinders, nie vir grootmense nie!

"Marinda se kinderkombuis" is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte is daar 'n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier help met wiskunde, wetenskap, lees en skryf.

Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. Dit is net 'n paar van die liplekker resepte uit "Marinda se kinderkombuis".

En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog meer.
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
340.00 340.00 340.0 ZAR
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2
350.00 350.00 350.0 ZAR
Vinnig, flatervry en perfek vir Suid-Afrikaanse gesinne.

Bederf jou familie en vriende met smullekker eetgoed uit Louisa Holst se fantastiese boek, "Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2". As 'n topverkoperskrywer weet sy wat lugbraaier-entoesiaste (en onervare groentjies) wil hê en nodig het. Sy gebruik plaaslike geure op prettige en vindingryke maniere (dink brandewyn-en-Coke-hoendervlerkies, samoesas met gerookte snoek en appelkoos en visvinger-Gatsby's) wat jou sal inspireer om jou lugbraaier elke dag te gebruik. Met hierdie moethê-boek kan jy happies maak om te geniet terwyl julle sport kyk, 'n soetigheid vir teetyd bak en middag- en aandetes berei - maklik en heerlik.
Ja! Kleuter Bybelstories oor Gebed
12.00 12.00 12.0 ZAR
Ja! Kleuter Bybelstories oor Liefde
12.00 12.00 12.0 ZAR
Ja! Kleuter Bybelstories oor Jesus
12.00 12.00 12.0 ZAR
Kgalagadi Transfrontier Park GPS Road Map
140.00 140.00 140.0 ZAR
Kruger National Park GPS Road Map
140.00 140.00 140.0 ZAR
Namibia GPS Road Map
140.00 140.00 140.0 ZAR