Find Your Next Read at Springbok’s Favorite Bookshop

Die Vliëende Hollander
70.00 70.00 70.0 ZAR
Kaptein Willem van der Decken was 'n dapper seeman. SOmmige mense noem hom selfs rooekeloos. Meer as driehonderd jaar gelede lê hy met sy skip by die Kaap van Goeie Hoop voor anker omdat 'n storm hom teëhou. Ná ses dae raak sy geduld op en besluit hy om uit te vaar. Sy stuurman smeek hom om liewer te wag vir beter weer. Maar die kaptein hoor hom nie eens nie en vaar weg. Tot die seile bloedrooi word, die lug verdonker en die skip opgetel word deur 'n geheimsinnige krag.
Superheroes are Everywhere
190.00 190.00 190.0 ZAR
Reënboogfeetjie se Ongeluk
80.00 80.00 80.0 ZAR
Stompie knipper sy ogies verstom: Reënboogfeetjie kan... sowaar... sy kan tog vlieg!
Maar, o wee, skielik gebeur iets verskriklik!
101 Dieregrappe
65.00 65.00 65.0 ZAR
101 dieregrappe wat jou sal laat skaterlag!

Wat kry jy as jy 'n luislang en 'n ystervark kruis?
'n Rol doringdraad.

Wat is geel en taai en baie gevaarlik?
Vla met haaie in.

Wat eet hasies wat mal is oor wiskunde?
Vierkanswortels.
Pragtige Piesangs
140.00 140.00 140.0 ZAR
Grotbaba
170.00 170.00 170.0 ZAR
'm Astrante baba word een maanlignag deur 'n harige mammoet weggevoer. Waarheen gaan hulle? Het dit iets te make met Broeps se griffels op die muur van hulle grot?

'n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke.
My gunsteling dierestories
170.00 170.00 170.0 ZAR
'n Boek oor 'n slim ooievaar. 'n haastige haas en drie rammetjies in gevaar.

Hierdie vyf stories oor diere is vol kinkels en verassings wat kinders se verbeelding sal aangryp.

Kom saam met elke dier op 'n opwindende reis!
Slym
265.00 265.00 265.0 ZAR
Welkom op die eiland Molm...

Hierdie eiland is die tuiste van 'n groot groep gemene grootmense. Die skool, die park, die speelgoedwinkel en selfs die eiland se roomystrokkie behoort aan gruwelike grootmense wat dit terdeë geniet om kinders aaklig te laat voel. En die eiland word besit deur die gruwelikste grootmens van almal - tannie Frieda Vraat!
Iemand moet iets aan die saak doen. Maar wie sal dapper genoeg wees?
Ontmoet Ned - die buitengewone seun met 'n spesiake superkrag: SLYMKRAG!
Die Ysmonster
265.00 265.00 265.0 ZAR
Londen, 1899.
Hierdie storie gaan oor 'n weeskind wat tien jaar oud is en 'n mammoet wat tienduisend jaar oud is...

Elsie hoor van die geheimsinnige YSMONSTER - 'n wolhaarmammoet wat by die Noordpool ontdek is - en is vasbeslote om meer daaroor uti te vind... Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van 'n leeftyd - van Londen af, oor ontstuimige oseane, tot in die hatjie van die Arktiese sirkel!
Die Gedierte in die Gange
295.00 295.00 295.0 ZAR
Brittanje, 'n honderd jara van nou af...

Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in stikdonkerte gehul. Prins Alfred, 'n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Toe Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Tower weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaar skraap om op 'n epiese avontuur te gaan sodat hy haar - en die hele wêreld - kan red.

Reis vooruit in tyd en geniet hierdie fantastiese avontuur - 'n storie vol mites wat jou tot reg aan die boeiende einde vasgenael sal hou.
Mnr Stink
180.00 180.00 180.0 ZAR
Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek!

Maar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neus optrek sal agterkom...
Rotburger
170.00 170.00 170.0 ZAR
Ontmoet Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees:
•Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap.
•Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop.
•En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot.

Ek kan jou nie vertel wat Bart se planne is nie, maar daar is 'n leidraad in hierdie boek se titel...
Die Aardigste Kinders op Aarde 3
295.00 295.00 295.0 ZAR
Net toe jy dink dis veilig om terug na jou boekrak te gaan...
TIEN NÓG AARDIGER KINDERS!
Sit die boek neer en hardloop...
Die Aardigste Kinders op Aarde 2
295.00 295.00 295.0 ZAR
Dink jy oulike kinders is vervelig?
Wil jy graag DIE AARDIGSTE KINDERS OP AARDE ontmoet?
Ek het so gedink. Kom gerus binne...
Aaklige Ant Alberta
200.00 200.00 200.0 ZAR
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella 'n geheime - en effens spokerige - wapen...
Astro Chimp
295.00 295.00 295.0 ZAR
Since the 1940s, humans have blasted all kinds of animals into.
This is the story of what happened next...
Die Middernagbende
265.00 265.00 265.0 ZAR
Welkom by die Middernagbende!

Middernag is wanneer die meeste kinders op aarde vas slaap, behalwe natuurlik... die Middernagbende! Dis wanneer hulle avonture eers regtig begin...
Die Boomhuis met 13 Vloere
195.00 195.00 195.0 ZAR
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het 'n geheime ondergrondse laboratorium, 'n reusetenk vol haaie en 'n malvalekkermasjien wat malvalekkers in jou mond inskiet wanneer jy honger is! Pasop net vir die see-apies, en dié wat voorgee om see-apies te wees... Maar tussendeur al hierdie chaotiese plesierigheid moet die twee vriende 'n boek skryf, en die sperdatum is môre!
Die Boomhuis met 39 Vloere
195.00 195.00 195.0 ZAR
Kom kuier saam met Andy en Terryin hulle superprettige boomhuis, nou met 39 vloere! Spring op die grootste trampolien ter wêreld, braai malvalekkers in 'n aktiewe vulkaan, swem in die sjokoladepoel, streel baba-dinosourusse... en ontmoet professor Idiotus, die wêreld se vernaamste ONT-uitvinder
Terry en Andy moet eintlik weer 'n boek indien vir hul uitgewer, mnr. Grootneus. En hulle is, soos gewoonlik, laat. Maar gelukkig het Terry 'n masjien uitgevind wat al die harde werk kan doen terwyl hulle speel en baljaar.
Dis nou te sê AS alles glad verloop...
Die Boomhuis met 52 Vloere
195.00 195.00 195.0 ZAR
Andy en Terry se ongelooflike boomhuis het nóg 13 splinternuwe, prettige vloere bygekry. Hulle het nou ook 'n waatlemoen-mokerkamer, 'n brandermasjien, 'n wortelkanon en 'n lewensgroot slangetjies-en-leertjies-speletjie (met regte lere en regte-egte lewende slange!). Daarby is daar 'n Ninjaslak-opleidingskool en 'n hoëtegnologiese speuragtenskap emt die allernuutste tegnologie vir belangrike speurwerk, wat baie nuttig te pas kom, want hulle het 'n GROOT raaisel om op te los... Meneer Grootneus het spoorloos verdwyn!
Nou ja toe, waarvoor wag jy?
Kom help die vriende om hom te soek!